Tuesday, December 15, 2009

Yesterdays #1

Langs jou is rooi rose grys
En in hul dans vir die mooiste blom
Drom bye om jou in n gesuis.
Tog kyk hul net na die:
Blome, Bloeisels en Blou oë.

Ek sal daar wees
en my wonder uitspreek,
maar nie oor die:
Blome, Bloeisels en Blou oë, nee
Eerder oor jou kalm
dans verby al die gespuis

En sou ons dan loop,
die padjie langs die see,
sou dit genoeg wees
om my te dra.
Genoeg om nie te vra:
Hoe lank sal jy bly?

Want elke dag met jou,
is 'n lewe volmaak
'n glimlag vol vreugde
en liefde.

In 'n sekond van waansin,
is jy geskape.
Perfek selfs in jou slaap
Elke fout 'n meesterstuk.
Gebore om hartsnare te pluk.

1 comment: