Saturday, April 3, 2010

sout en asyn

Vrinde, laat my toe om aan jul iets voor te stel:

Stellenbosch, die plattelandse dorpie. Waar geen bekende gesigte dwaal nie en nie 'n siel op spoed is erens heen nie.

Die boemelaar se gesig dop af van die skielike dae sonder son beskreming, en hy glo ook nie ek sal terug kom nie. Oupa agter die toonbank by die vis en tjips winkel beweeg teen 'n monotoniese spoed wat jou bewus maak van die dag se vereiste; jy moet dwaal deur hierdie dag. Voel hoe onnodig vinnig beweeg jy soos jy oor die rooi plein wandel.

As jy jou kop kantel om te luister, hoor jy hoe skryf die blare ritsel ritsel uit in die bries. Verveeld word 'n besige lewe op hierdie sypaadjie. Hier groei wortels terug in hul blare in.

Ek vertroetel hierdie gevoel; binne kort gaan jy ek word, en ek gaan ek wonder word, en dan is die wonder waar jou ribbene is..

No comments:

Post a Comment